Bespreek vlugkaartjies vroeg vir laagste prys: kenner

Loading player...
Europa se grootste lugdienste waarsku dat stygende brandstofkoste as gevolg van die Midde-Oosterse konflik kaartjiepryse sal opstoot. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner Linden Birns van Plane Talking gepraat wat sê dat met geen einde in sig vir die konflik nie, sal stralerbrandstof aanhou styg, wat lugdienste sal dwing om kostes na passasiers oor te dra. Stralerbrandstof is reeds meer as 94 persent hoër op 'n jaargrondslag. Birns sê passasiers moet vroegtydig bespreek en voeg egter by dat die konflik ook 'n geleentheid vir Namibië se toerismebedryf bied, veral vir reisigers wat warmer weer ver van Dubai en Katar soek.
20 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxibaas lig spesialis-moordenaars in bedryf uit

Die taxibaas Joe "Ferrari" Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie het bevind slagoffers van taxiverwante geweld in Gauteng is met hoëkalibergewere en ander vuurwapens doodgeskiet. Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie getuig die wapens is soortgelyk aan dié wat staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie gebruik. Hy sê die kommissie…
28 Aug 11AM 1 min

Nasionale Raad sluit suksesvolle sitting af

Die tweede gewone sitting van die 7de Nasionale Raad, wat op 17 Augustus begin het, het vandag afgesluit en gaan in reses. Die derde sessie is vir 30 November geskeduleer. Tydens die pas afgelope sitting het die Huis die Wet op Geestesgesondheid aangeneem en verskeie verslae van parlementêre komitees en…
28 Aug 11AM 1 min

Unie sê digitale geld moet vir informele handelaars ook werk

Die Namibiese Informele Handelaars- en Shebeenwerkersunie verwelkom die Sentrale Bank se plan om digitale geld vir selfoongebruikers teen Junie volgende jaar in te stel. Dit is daarop gemik om finansiële insluiting uit te brei, kitsbetalings te verbeter en die informele ekonomie te formaliseer. Die unie sê egter dat behoorlike konsultasie…
28 Aug 10AM 1 min

Hoekom is NNN se aansoek vir Auasblick-grond 'privaat'?

Opposisieraadslede by die Stad Windhoek eis regsduidelikheid oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se private aansoek om munisipale grond in die Auasblick-voorstad te bekom. Die aansoek, gedateer 21 Mei, dien nou voor die stadsraad en dek ses erwe van ongeveer 1,8 hektaar. Tydens Donderdagaand se gewone raadsvergadering het AR-raadslid Kavetu Maitjituavi bevraagteken…
28 Aug 10AM 1 min