President Netumbo Nandi-Ndaitwah het oor haar eerste 12 maande in die amp op die televisieprogram Agenda besin. Sy het ook die kommer oor die oordrag van die stroomop-oliemandaat na haar kantoor aangespreek. Sy het ook vrae geantwoord oor berigte dat haar seuns belange in die oliebedryf het. Sy het in…
Die oorlog in die Midde-Ooste het veroorsaak dat sekere lande wat direk geraak word verhoogde grenssluitings en operasionele afskakelings van logistieke roetes ervaar. Daar is kommer oor werksekerheid. Cosatu het reeds in Suid-Afrika geëis dat die regering onmiddellike stappe doen om die samelewing te beskerm teen ekonomiese skokke. Kosmos 94.1…
Die vakbondfederasie Cosatu het 'n beroep op die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee gedoen om nié die terugkoopkoers te verhoog wanneer hy Donderdag sy tweede rentekoersbesluit vir vanjaar neem nie. Ekonome sê vanweë die oorlog in die Midde-Ooste is dit is onwaarskynlik dat die Reserwebank die koerse sal opskuif. Die woordvoerder…
Gholf: LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, sê die sukses van die naweek se eerste LIV-toernooi in Afrika het bevestig Suid-Afrika is die tuiste van ʼn lewendige gholf-kultuur, talent van wêreldgehalte, en ondersteuners wie se passie die spel ophef. Die Amerikaner Bryson DeChambeau het Jon Rahm van Spanje gister…
Die Namibiese Toerismeraad het vanoggend die Entrepreneurskapvaardigheid Opleidingsprogram vir kleinsake-eienaars in die toerismesektor van stapel gestuur. Die inisiatief is daarop gemik om toerisme-operateurs te help om te groei, te innoveer en sakevaardighede te versterk. Aansoekvorms is op die raad se webtuiste beskikbaar. Die Toerismeraad se uitvoerende hoof, Sebulon Chicalu:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.