Owerhede trap onwettige seekos-verkoper vas

Loading player...
Die polisie se Mariene en Omgewingseenheid, die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing en CapeNature het 'n gesamentlike operasie uitgevoer, na inligting ontvang is oor kreef wat verkoop word vanuit 'n woning in Rusthof, Strand, naby Kaapstad. Die woordvoerder, Wayne Dyason, sê beamptes het 'n inspeksie gedoen en beslag gelê op verskeie beskermde mariene spesies. Hy sê 'n 50-jarige verdagte is gearresteer en na die Strand-SAPD geneem vir verdere ondervraging:
19 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN verduidelik skuif van stroomop-oliesektor, seuns in die bedryf

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het oor haar eerste 12 maande in die amp op die televisieprogram Agenda besin. Sy het ook die kommer oor die oordrag van die stroomop-oliemandaat na haar kantoor aangespreek. Sy het ook vrae geantwoord oor berigte dat haar seuns belange in die oliebedryf het. Sy het in…
23 Mar 10AM 1 min

Mynwerkersunie besorg oor werkverliese weens Iran-konflik

Die oorlog in die Midde-Ooste het veroorsaak dat sekere lande wat direk geraak word verhoogde grenssluitings en operasionele afskakelings van logistieke roetes ervaar. Daar is kommer oor werksekerheid. Cosatu het reeds in Suid-Afrika geëis dat die regering onmiddellike stappe doen om die samelewing te beskerm teen ekonomiese skokke. Kosmos 94.1…
23 Mar 10AM 1 min

Moenie rentekoers verhoog, smeek Cosatu

Die vakbondfederasie Cosatu het 'n beroep op die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee gedoen om nié die terugkoopkoers te verhoog wanneer hy Donderdag sy tweede rentekoersbesluit vir vanjaar neem nie. Ekonome sê vanweë die oorlog in die Midde-Ooste is dit is onwaarskynlik dat die Reserwebank die koerse sal opskuif. Die woordvoerder…
23 Mar 9AM 1 min

LIV Gholf beslis in 2027 weer in SA, sê hoof

Gholf: LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, sê die sukses van die naweek se eerste LIV-toernooi in Afrika het bevestig Suid-Afrika is die tuiste van ʼn lewendige gholf-kultuur, talent van wêreldgehalte, en ondersteuners wie se passie die spel ophef. Die Amerikaner Bryson DeChambeau het Jon Rahm van Spanje gister…
23 Mar 9AM 1 min

NTB begin opleiding vir kleinsake-eienaars in toerismebedryf

Die Namibiese Toerismeraad het vanoggend die Entrepreneurskapvaardigheid Opleidingsprogram vir kleinsake-eienaars in die toerismesektor van stapel gestuur. Die inisiatief is daarop gemik om toerisme-operateurs te help om te groei, te innoveer en sakevaardighede te versterk. Aansoekvorms is op die raad se webtuiste beskikbaar. Die Toerismeraad se uitvoerende hoof, Sebulon Chicalu:
23 Mar 8AM 1 min