Amerikaanse direkteur van intelligensie loop deur tydens Senaat-verhoor

Loading player...
Amerika se direkteur van Nasionale Intelligensie, Tulsi Gabbard, sê Iran se regime lyk ongeskonde, maar is grootliks verswak weens aanvalle op sy leierskap en militêre vermoëns. Sy het voor die Senaat se Intelligensiekomitee verskyn om die intelligensie-gemeenskap se jongste assessering oor Iran te deel. Gabbard sê Iran se konvensionele militêre vermoë is grootliks vernietig...
19 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga: Kommissie hoor klankopname van hewige rusie

'n Plofbare klankopname uit 2018 is by die Madlanga-kommissie voorgelê, van 'n driftige werksplekgeskil tussen die hoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, en brigadier Leonora Phetle. Die argument het tot 'n aanranding gelei, nadat Khan Phetle berispe het omdat hy nie sy amptelike rang in die gesprek gebruik het nie:
11 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Bestuurder vlug van ongelukstoneel in Katutura

‘n Bestuurder wat Vrydagaand van die toneel van ‘n motorongeluk in Katutura weggehardloop het, was een van die probleme wat die aandag van die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, getrek het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was oudergewoonte op sy pos en doen verslag van die toneel:
11 Jul 12AM 1 min

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek…
10 Jul 11AM 1 min

Biosekuriteit teen BKS op grense versterk

Die landbouministerie en belanghebbendes gaan voort om grens-biosekuriteitsmaatreëls te versterk om die verspreiding van bek-en-klouseer te help voorkom. Na die installering van 'n semi-outomatiese voertuigontsmettingsspuitstelsel by die Ariamsvlei-grenspos, sê die ministerie dat verdere soortgelyke intervensies by ander grensposte volgens behoefte uitgerol sal word. Ministerie-woordvoerder Romeo Muyunda het met Kosmos 94.1…
10 Jul 11AM 1 min