Kwata Krieket brei voetsoolvlak-krieket uit

Loading player...
Kwata Krieket gaan voort met sy missie om die sport na kinders in landelike Namibië te neem, met meer as 80 000 jongmense wat sedert 2009 aan krieket bekendgestel is. Volgens Gert Grobler, hoof bedryfsbeampte van Ashburton Investments, die program se hoofborg, is die ondersteuning van krieket op voetsoolvlak 'n betekenisvolle belegging in die land se toekoms. Hy het insigte met Kosmos 94.1 Nuus gedeel oor die maatskappy se voortgesette verbintenis tot die ontwikkeling van die spel op gemeenskapsvlak.
18 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Skenk bloed, daar's 'n ernstige tekort!

Die Bloedoortappingsdiens sê die land se mediese stelsel staar 'n ernstige voorraadtekort in die gesig. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino waarsku dat mediese prosedures en noodtrauma-reaksies in die gedrang kan kom as voorraad nie onmiddellik aangevul word nie. Sy pleit dat mense vandag nog bloed skenk by verskeie klinieke.
11 Jul 2AM 1 min

Madlanga: Kommissie hoor klankopname van hewige rusie

'n Plofbare klankopname uit 2018 is by die Madlanga-kommissie voorgelê, van 'n driftige werksplekgeskil tussen die hoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, en brigadier Leonora Phetle. Die argument het tot 'n aanranding gelei, nadat Khan Phetle berispe het omdat hy nie sy amptelike rang in die gesprek gebruik het nie:
11 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Bestuurder vlug van ongelukstoneel in Katutura

‘n Bestuurder wat Vrydagaand van die toneel van ‘n motorongeluk in Katutura weggehardloop het, was een van die probleme wat die aandag van die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, getrek het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was oudergewoonte op sy pos en doen verslag van die toneel:
11 Jul 12AM 1 min

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek…
10 Jul 11AM 1 min