Rubio sê Kuba kort 'n nuwe regering

Loading player...
Kuba gaan gebuk onder uitgerekte kragonderbrekings met die VSA se energie-embargo wat op die land, wat altyd olie van Venezuela ontvang het, geplaas is. President Donald Trump het tariewe belowe vir enige land wat olie aan Kuba verskaf. Hy het ook die week gesê hy sal Kuba vat. Sy minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê die land kort ‘n nuwe regering.
18 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Skenk bloed, daar's 'n ernstige tekort!

Die Bloedoortappingsdiens sê die land se mediese stelsel staar 'n ernstige voorraadtekort in die gesig. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino waarsku dat mediese prosedures en noodtrauma-reaksies in die gedrang kan kom as voorraad nie onmiddellik aangevul word nie. Sy pleit dat mense vandag nog bloed skenk by verskeie klinieke.
11 Jul 2AM 1 min

Madlanga: Kommissie hoor klankopname van hewige rusie

'n Plofbare klankopname uit 2018 is by die Madlanga-kommissie voorgelê, van 'n driftige werksplekgeskil tussen die hoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, en brigadier Leonora Phetle. Die argument het tot 'n aanranding gelei, nadat Khan Phetle berispe het omdat hy nie sy amptelike rang in die gesprek gebruik het nie:
11 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Bestuurder vlug van ongelukstoneel in Katutura

‘n Bestuurder wat Vrydagaand van die toneel van ‘n motorongeluk in Katutura weggehardloop het, was een van die probleme wat die aandag van die Copps 94.1-span en hul vennote, die Namibiese polisie, getrek het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was oudergewoonte op sy pos en doen verslag van die toneel:
11 Jul 12AM 1 min

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek…
10 Jul 11AM 1 min