Trump kritiseer leiers wat nie seestraat wil beskerm nie

Loading player...
Nie een van die lande vir wie Amerikaanse president Donald Trump gevra het om skepe na die Straat van Hormuz te stuur om dit oop te hou, het sover ingestem om dit te doen nie. Duitse Kanselier Friedrich Merz het gesê dit is nie Navo se oorlog nie, en Britse eerste minister Keir Starmer het gesê die Verenigde Koninkryk sal nie in 'n wyer oorlog oor Iran betrokke raak nie. Trump het Maandag op 'n perskonferensie gesê hy was verbaas oor Starmer se antwoord. Luister self.
16 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleggings, sakebenadering sal groenskemas help

Namibië se groenskemas het 67,4 miljoen Namibiese dollar gegenereer om plaaslike landbou gedurende die 2025/26-produksieseisoen te versterk. Dit is gedryf deur 6 758,65 ton mielies ter waarde van 56,9 miljoen dollar en koring van 609 hektaar wat 10,5 miljoen dollar bygevoeg het. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee,…
16 Apr 11AM 1 min

Julius gooi vloermoer oor landdros in sy saak

Die leier van die EFF, Julius Malema het 'n vernietigende aanval op landdros Twanet Olivier van die Oos-Londense landdroshof in KuGompo City, Oos-Kaap, geloods. Hy het haar as onbevoeg beskryf en sê sy moet van wangedrag aangekla word. Malema het ondersteuners buite die hof toegespreek en die hof van vooroordeel…
16 Apr 11AM 1 min

Jeugontwikkelingsfonds befonds reeds 211 projekte

Die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 500 miljoen Namibiese dollar is in 2025 van stapel gestuur. Dit het ten doel om jong entrepreneurs van 18 tot 45 jaar oud te bemagtig deur bekostigbare, kollateraalvrye lenings teen rentekoerse van tussen 2 persent en 4 persent te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
16 Apr 11AM 1 min

Toeroperateurs praat uit oor Sossusvlei-konsessie

Die omgewingsministerie se besluit om pendel tussen die Sossusvlei 2x4-parkeerarea en die 4x4-parkeerarea by die Dooievlei te beperk is in omstredenheid gedompel. Toergidse is uiters bekommerd oor die situasie en beweer ook ongerymdhede in die konsessie-toekenning. 'n Groep toergidse laat van hulle hoor in 'n vox pop wat deur Kosmos…
16 Apr 10AM 1 min