
Otjihase-pompstasie Donderdag sonder krag
Loading player...
Inwoners en besighede wat deur die Otjihasemyn-pompstasie voorsien word, word gewaarsku oor 'n beplande wateronderbreking, aangesien onderhoud aan 'n NamPower-elektrisiteitslyn die pompbedrywighede tydelik sal staak. NamWater sê die onderbreking is geskeduleer vir Donderdag 19 Maart, van half-agt die oggend tot half-vyf namiddag. NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata sê stoorreservoirs by die Otjihase-myn, Finkenstein en Hosea Kutako Internasionale Lughawe het genoeg kapasiteit om die toevoer gedurende die onderhoudstydperk te handhaaf.

