
Karibib-lugruim: Wat van myne, toerisme en meer?
Loading player...
Die IPC het kommer uitgespreek oor 'n voorgestelde lugruimbeperking oor die FYM 401-lugruim naby Karibib deur die verdedigingsministerie. Die plan sal 'n radius van 30 seemyl vanaf die oppervlak tot 25 000 voet bo seespieël beperk. Die IPC se skadu-verdedigingsminister, Aloisius Kangulu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel sulke maatreëls toegelaat word vir sensitiewe militêre gebiede, die omvang van die beperkings kommerwekkend is vir nywerhede wat staatmaak op ‘n oop lugruim, insluitend toerisme, boerdery en mynbou.

