
Onderwys verduidelik reëls rondom ‘side hustles’
Loading player...
Die onderwysdirekteur van die Omusati-streek, Paulus Kashimbi, het onderwysers in die streek beveel om alle inkomstegenererende aktiwiteite buite hul voltydse werk met onmiddellike effek te staak. Kashimbi sê die onderwysdirektoraat in die streek het met kommer kennis geneem van 'n toenemende aantal personeellede wat sonder magtiging by private sakeondernemings betrokke is. Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwys het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

