
Namibië moet sy buitelandse beleid fyn balanseer
Loading player...
Namibië het by die Verenigde State, Hongarye en Fidji aangesluit in die indiening van 'n petisie om in te gryp in die saak wat Suid-Afrika teen Israel by die Internasionale Hof van Justisie aanhangig gemaak het oor beweerde volksmoord in Gaza. Afgetrede ambassadeur Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die stap belangrike vrae laat ontstaan oor die rol van kleiner state in globale regsgedinge en hoe die hof die Volksmoordkonvensie in die toekoms sal interpreteer.

