Bykans 300 000 visums met aankoms reeds uitgereik

Loading player...
Die binnelandse sake-ministerie sê dat 289 510 visums met aankoms tussen 3 Maart 2025 en 31 Januarie 2026 uitgereik is. Lynminister Lucia Iipumbu het tydens 'n kabinetsinligtingsessie gesê dat die visum-met-aankoms-stelsel bewys is om nasionale veiligheid doeltreffend te versterk terwyl dit ook toerisme, beleggings en ekonomiese groei vergemaklik.
15 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteit verwelkom NSFAS-administrasie

Solidariteit se Helpende Hand sê studente dra die swaarste las van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema se voortdurende krisis, nadat dit onder administrasie geplaas is. Die organisasie voer aan die probleme by die skema strek verder as net befondsingstekorte en dui op dieper bestuursmislukkings en swak finansiële beheermaatreëls. Hannes Noëth…
6 May 3AM 1 min

Arsenal vir eerste keer in 20 jaar in Kampioeneliga-eindstryd

Arsenal is die eerste keer sedert 2006 in die Kampioeneliga-eindstryd nadat hulle Atletico Madrid in totaal met 2-1 verslaan het. Ná die eerste deel was hulle gelykop met een elk, maar Bukayo Saka se doel in die 44ste minuut van die tweede deel het die Gunners se oorwinning besorg. Arsenal…
6 May 3AM 1 min

NAB se vrugtesubsidie-sperdatum verleng

Die Namibiese Akkerbouraad het die aansoekdatum vir sy vrugtesubsidieskema tot 31 Mei verleng vir die huidige boekjaar. Die skema, wat daarop gemik is om plaaslike vrugteproduksie te bevorder, bied 'n subsidie van 30 persent op gesertifiseerde saailinge, kunsmis en landbouchemikalieë tot die eerste oes. Emilie Abraham, die raad se hoof…
6 May 2AM 1 min

Lamola het kommer oor groeiende anti-immigrant sentiment

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika soek 'n meer gekoördineerde benadering tot migrasiebestuur regoor Afrika. Die afgelope tyd se teen-immigrante-betogings in die land het kommer oor hernude xenofobiese geweld laat opvlam. Nigerië, Ghana en Mosambiek het amptelik by die regering gekla oor die behandeling van…
6 May 2AM 1 min

Kommer oor SA-boere se vermoë om dieselprysstygings te absorbeer

Terwyl brandstofpryse in naburige Suid-Afrika en Namibië aanhou styg, waarsku kenners dat selfs 'n kleiner verhoging boere kan tref waar dit die seerste maak. Paul Makube, 'n senior landbou-ekonoom by FNB Suid-Afrika, sê die buurland se boere wat reeds sukkel met lae mieliepryse en dun marges, het min ruimte om…
6 May 1AM 1 min