Entrepreneurskapsreeks: Van stokperdjie na inkomste

Loading player...
Baie mense sit met ’n talent of stokperdjie, maar min weet hoe om dit in ’n volhoubare inkomste te omskep. In ons entrepreneurskapsreeks gesels ons met Linda van der Walt oor praktiese wenke, eerlike raad en lesse wat aspirant-entrepreneurs kan help om slimmer, vinniger en met meer selfvertroue te begin.

Haar entrepreneursreis het begin met PLAASLIK, waar sy ’n platform geskep het vir plaaslike makers en kreatiewe produkte. Daardie ervaring het haar baie geleer oor kreatiwiteit, besigheid en die waarde van stories agter produkte.
4 Mar 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: RED DAY

Die eiendomsmaatskappy, KW Edge gaan op 14 Mei 'n verskil maak by Nuwe Hoop Skool. Hulle stap al van 2024 af 'n pad met die skool. Juanita Huisamen en Gerhard Venter van Nuwe Hoop Skool het met Sarina kom gesels. Enigeen kan betrokke raak. alhoewel dit 'n Keller Williams-inisiatief is,…
5 Mar 5AM 10 min

Aktualiteit: Ilse Strauss doen verslag uit Israel

Ilse Strauss is die direkteur van Internasionale Ontwikkeling by Bridges for Peace, 'n Christenorganisasie van vrywilligers. Sy woon saam met haar gesin in Jerusalem. Sy is tans in Pretoria om by haar ma te wees en ons gesels met haar oor die situasie in die Midde-Ooste.
4 Mar 4AM 26 min

Pretoria Instituut vir Argitektuur: Voices & Visions kompetisie

Donette Werkman is die president van die Pretoria Instituut vir Argitektuur en een van die dryfkragte agter Voices & Visions — ’n nuwe argitektuurtoekenningsplatform wat argitektuur uit die handboeke haal en teruggee aan die mense wat dit daagliks beleef. Hierdie inisiatief nooi die publiek om saam te praat oor watter…
24 Feb 5AM 8 min

Dok, is dit normaal dat my tandvleis bloei?

Dr Simoné du Toit by MenlynMed se tandarts-afdeling beantwoord Nicolene se vraag oor of dit normaal is dat haar tandvleis gereeld bloei wanneer sy tande borsel.
24 Feb 5AM 2 min