Agriskoops - 2 Maart 2026

Loading player...
Op vandag se Agriskoops hoor ons van Nantes Kelder. Hy is die projek-koördineerder interkulturele samewerking en verhoudings by AfriForum. Die opkomende boerdery van die Bahurutshe Ba Ga Moiloa-stigting in die Mafikeng-distrik het onlangs hul tweede oes van verskeie soorte groente gehad. AfriForum het verlede jaar die stigting bygestaan met belangrike toerusting om die boerdery se produktiwiteit, volhoubaarheid en winsgewendheid te verbeter. Nantes vertel hoekom hierdie projek veral suksesvol is.
2 Mar 2AM Afrikaans South Africa Daily News · Nature

Other recent episodes

Agriskoops - 8 April 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac en vertel meer oor hul draadlose opsporingseenheid. Sy verduidelik hoe dit verskil van tradisionele GPS-opsporingstelsels en watter gebruikers die meeste daarby sal baat.
8 Apr 1AM 3 min

Agriskoops - 7 April 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Ruben Raath. Hy is die voorsitter van die Mpumalanga-tak by die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI). Hy verduidelik waarom goeie instandhouding van ’n besproeiingstelsel so belangrik is, en watter impak swak instandhouding op produksie kan hê. Ruben lig ook die mees algemene foute uit wat…
7 Apr 5AM 4 min

Agriskoops - 2 April 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor die belangrikheid van grensbeheer op jou plaas om veediefstal te keer. DigitFMS bied ’n spesifieke intelligente CCTV-oplossing wat bedreigings vir jou vee identifiseer sodat jy betyds daarop kan reageer.
2 Apr 2AM 4 min

Agriskoops - 1 April 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met At van Schalkwyk. Hy is die bemarkingsdirekteur by die maatskappy World Focus Agri. Hy vertel ons meer oor mikrofyn kalk en gips, die voordele om dit te gebruik en waar dit gebruik word.
1 Apr 3AM 5 min

Agriskoops - 31 Maart 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die takbestuurder by die George-tak van die maatskappy Herholdt's Group, Willie Kruger. Hy verduidelik hoe ‘n goeie sonkragstelsel jou geld kan spaar op die plaas, veral in terme van pompe en besproeiing; en wat belangrik is wanneer jy jou stelsel ontwerp en kies.
31 Mar 3AM 5 min