Mufeti sê alles sal in ag geneem word rakende in-situ-loging

Loading player...
'n Onafhanklike kundigespan van die Internasionale Atoomenergie-agentskap sal na verwagting teen middel Maart hul verslag aan die ministerie van omgewingsake indien oor die voorgestelde in-situ-loogmynbouprojek in die Omaheke-streek. Die span het van 9 tot 13 Februarie 2026 'n tegniese oorsig van die loodsprojek uitgevoer en het sedert Julie verlede jaar projekdokumentasie beoordeel. Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê geen besluit is nog geneem nie en voeg by dat die uitkoms streng deur wetenskap, nie politiek nie, gelei sal word.
25 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vlugbal: Rössing kraai koning op Swakop

Rössing Uranium het Corporate Volleyball Swakopmund se jaarlikse toernooi Saterdag gewen deur die span van Navachab met 24-21 in die eindstryd te verslaan en sodoende met die prysgeld van 8 000 Namibiese dollar weg te stap. Kosmos 94.1 het die aksiebelaaide dag bygewoon en Jean-Louis Knouwds het met Rössing se…
12 Jul 2AM 1 min

Rugby: Blue Bulls klop Welwitchias net-net

Die Vodacom Blue Bulls het die Welwitschia Uitnodiging XV-span Saterdag in ‘n naelbytstryd in die Hage Geingob-stadion met 50-47 geklop. Ruda Schoeman van Kosmos 94.1 het ná die wedstryd met Welwitschia-kaptein Danco Burger gepraat:
12 Jul 1AM 1 min

Vlugbal: Corporate Volleyball reusesukses op Swakopmund

Corporate Volleyball Swakopmund se vierde jaarlikse 4-aan-’n-kant strandvlugbalkompetisie Saterdag was ‘n reusesukses met 216 spelers in 36 spanne wat in 116 wedstryde tydens die dag meegeding het. Rössing Uranium 2 het uiteindelik met die louere weggestap. Jean-Louis Knouwds van Kosmos 94.1 het met organiseerder JP Archer op Swakopmund gesels:
12 Jul 12AM 1 min

Twee in Soweto vas ná gruvonds

Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het…
11 Jul 6AM 1 min