Alle diplomatieke hulp nodig om Oekraïne-oorlog te stop: VN

Loading player...
Die Verenigde Nasies sê die internasionale gemeenskap moet alle moontlike diplomatieke hulpmiddels inspan om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Meer as 15 000 burgerlikes is dood en meer as 41 000 mense beseer sedert Rusland se aanval vier jaar gelede, terwyl miljoene hul huise moes ontruim. Die onder-sekretaris-generaal vir Politieke en Vredes-aangeleenthede, Rosemary DiCarlo, beklemtoon die behoefte aan tasbare maatreëls om die vyandighede te verminder en ruimte te skep vir diplomasie:
25 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vlugbal: Rössing kraai koning op Swakop

Rössing Uranium het Corporate Volleyball Swakopmund se jaarlikse toernooi Saterdag gewen deur die span van Navachab met 24-21 in die eindstryd te verslaan en sodoende met die prysgeld van 8 000 Namibiese dollar weg te stap. Kosmos 94.1 het die aksiebelaaide dag bygewoon en Jean-Louis Knouwds het met Rössing se…
12 Jul 2AM 1 min

Rugby: Blue Bulls klop Welwitchias net-net

Die Vodacom Blue Bulls het die Welwitschia Uitnodiging XV-span Saterdag in ‘n naelbytstryd in die Hage Geingob-stadion met 50-47 geklop. Ruda Schoeman van Kosmos 94.1 het ná die wedstryd met Welwitschia-kaptein Danco Burger gepraat:
12 Jul 1AM 1 min

Vlugbal: Corporate Volleyball reusesukses op Swakopmund

Corporate Volleyball Swakopmund se vierde jaarlikse 4-aan-’n-kant strandvlugbalkompetisie Saterdag was ‘n reusesukses met 216 spelers in 36 spanne wat in 116 wedstryde tydens die dag meegeding het. Rössing Uranium 2 het uiteindelik met die louere weggestap. Jean-Louis Knouwds van Kosmos 94.1 het met organiseerder JP Archer op Swakopmund gesels:
12 Jul 12AM 1 min

Twee in Soweto vas ná gruvonds

Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het…
11 Jul 6AM 1 min