Statistieke Suid-Afrika sê totale likwidasies het in Februarie met 3,6-persent gedaal, van 140 tot 135 gevalle. Beslote korporasies het die grootste afname getoon, terwyl maatskappylikwidasies effens toegeneem het. Oor die drie maande wat in Februarie geëindig het, was totale likwidasies 1,5-persent laer. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in die…
Die sentrale bank het 'n goudverkoopsooreenkoms met die Navachab-goudmyn geteken. Die bank wil ‘n deel van sy reserwes in goud aanhou. Goud sal makroekonomiese stabiliteit aan die land voorsien, veral tydens geopolitieke onsekerhede. Naufiku Hamunime die woordvoerder van die bank.
Namibië se Brave Warriors het 'n 2-0 nederlaag teen Kazakstan in hul openingswedstryd van die FIFA-vriendskaplike reeks 2026 gely. Die nederlaag in Astana, Kazakstan dui op 'n moeilike begin vir die Namibiese nasionale sokkerspan in die internasionale vriendskaplike toernooi. Afrigter Collin Benjamin besin oor die wedstryd:
'n Jurie in Kalifornië hou Meta en YouTube aanspreeklik vir 'n vrou se sosialemedia-verslawing en skade aan haar geestesgesondheid. Die jurie het bevind dat Meta, wat Instagram, Facebook en WhatsApp besit, en Google, eienaar van YouTube, doelbewus verslawende sosialemedia-platforms gebou het wat die 20-jarige se geestesgesondheid benadeel het. Die vrou,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.