Cyril besluit om nie nou NGV-artikels te bekragtig nie

Loading player...
Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om op hierdie stadium nie enige artikels van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te bekragtig nie. Dit is tot uitspraak gelewer word in openbaredeelname-sake teen die wet. Louis Boshoff van AfriForum sê dit wys Ramaphosa dink twee keer oor die NGV se instelling:
22 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CBNRM-konferensie afgehandel

Die omgewingsministerie het sy twee-daagse nasionale konferensie oor die land se gemeenskapsbewaringprogram afgesluit. Die 2013 beleid rakende bewareas word hersien en uitdagings wat klimaat, mens-dier konflik, lae inkomste en meer insluit, word onder die loep geneem. Die lynminister Indileni Daniel het 'n oorsig gegee oor die inkomste wat die bewareas…
26 Mar 3AM 1 min

'Iran wil ooreenkoms maak, maar te bang om te sê'

President Donald Trump beweer dat Iran graag 'n ooreenkoms wil sluit, maar hulle is bang om dit te sê. Dit volg nadat Teheran 'n Amerikaanse skietstilstandvoorstel van die hand gewys en gesê het hulle het geen voorneme om te onderhandel nie. Iran het vyf voorwaardes gestel om die konflik te…
26 Mar 3AM 1 min

ANC looi AfriForum oor Mbalula-dossier

Die ANC het AfriForum se sogenaamde 'Mbalula-dossier' afgemaak as 'n polities gemotiveerde aanval op sy sekretaris-generaal Fikile Mbalula. Die party het die burgerregte-organisasie daarvan beskuldig dat hy optree soos 'n buitelandse groep wat Suid-Afrika se soewereiniteit ondermyn en post-apartheidtransformasie teenstaan. Die ANC het volle vertroue in sy sekretaris-generaal en leierskap…
26 Mar 2AM 1 min

Guterres bepleit vir vrede

Die Midde-Oosterse konflik duur reeds drie weke en die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die betrokke partye moet ophou veg, ʼn diplomatieke oplossing vind en vrede laat heers. Sedert die Verenigde State en Israel met ʼn gesamentlike veldtog teen Iran begin het, is meer as 1 500 mense…
26 Mar 2AM 1 min