Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Loading player...
Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie internasionale verskaffers sal teen einde Maart in die land ontvang word:
22 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CBNRM-konferensie afgehandel

Die omgewingsministerie het sy twee-daagse nasionale konferensie oor die land se gemeenskapsbewaringprogram afgesluit. Die 2013 beleid rakende bewareas word hersien en uitdagings wat klimaat, mens-dier konflik, lae inkomste en meer insluit, word onder die loep geneem. Die lynminister Indileni Daniel het 'n oorsig gegee oor die inkomste wat die bewareas…
26 Mar 3AM 1 min

'Iran wil ooreenkoms maak, maar te bang om te sê'

President Donald Trump beweer dat Iran graag 'n ooreenkoms wil sluit, maar hulle is bang om dit te sê. Dit volg nadat Teheran 'n Amerikaanse skietstilstandvoorstel van die hand gewys en gesê het hulle het geen voorneme om te onderhandel nie. Iran het vyf voorwaardes gestel om die konflik te…
26 Mar 3AM 1 min

ANC looi AfriForum oor Mbalula-dossier

Die ANC het AfriForum se sogenaamde 'Mbalula-dossier' afgemaak as 'n polities gemotiveerde aanval op sy sekretaris-generaal Fikile Mbalula. Die party het die burgerregte-organisasie daarvan beskuldig dat hy optree soos 'n buitelandse groep wat Suid-Afrika se soewereiniteit ondermyn en post-apartheidtransformasie teenstaan. Die ANC het volle vertroue in sy sekretaris-generaal en leierskap…
26 Mar 2AM 1 min

Guterres bepleit vir vrede

Die Midde-Oosterse konflik duur reeds drie weke en die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die betrokke partye moet ophou veg, ʼn diplomatieke oplossing vind en vrede laat heers. Sedert die Verenigde State en Israel met ʼn gesamentlike veldtog teen Iran begin het, is meer as 1 500 mense…
26 Mar 2AM 1 min