Ovaherero tradisionele leiers het kommer oor grond-wet

Loading player...
Tradisionele leiers het vandeesweek die wet rakende grond in diepte bespreek en bestudeer tydens konsultasies wat die lynministerie gehou het. Terwyl landbou steeds nie ‘n verklaring rakende die eerste sessies uitgereik het nie, het die gesprekke gefokus op die resolusies van die tweede nasionale grondkonferensie. Die Ovaherero tradisionele leiers het op 'n perskonferensie hulle kommer oor die wetgewing uitgespreek. Opperhoof Hoze Riruako is bekommerd oor beheer oor grond en die eienaarskap daarvan.
20 Feb 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wissel gewasse af

Monokultuur, veral onder bestaansboere, kan oor die langtermyn nadelig wees vir grondgehalte en produksie. Dit kan ook peste vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur vir akkerbou by Agribank gepraat wat meer inligting gee oor die kwessie en die skade wat dit kan berokken.
26 Mar 4AM 1 min

Aanduidings is lae opkoms in SA se plaaslike owerheidsverkiesing

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê op die vooraand van die 2026 plaaslike verkiesing, trotseer Suid-Afrika sy moeilikste voorverkiesingsklimaat in drie dekades voor die 2026 plaaslike verkiesing. Die jongste opname toon toenemende frustrasie, onbetrokkenheid en vertroue in politieke leiers wat afneem. Die verslag beklemtoon ook 'n groeiende indruk dat politici…
26 Mar 4AM 1 min

ILO moet billik hervorm na begrotingstekort

Namibië doen 'n beroep op billike en volhoubare hervormings by die Internasionale Arbeidsorganisasie, namate kommer groei oor 'n dreigende begrotingstekort wat honderde poste kan sny en steun vir ontwikkelende lande kan verswak. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur verantwoordelik vir arbeidsverhoudings in die lynministerie, het tydens die organisasie se sitting in…
26 Mar 3AM 1 min

GNU moet sê oor brandstofreserwes

AfriForum vra die Departement van Minerale en Petroleumbronne om omvattende inligting te verskaf oor Suid-Afrika se strategiese brandstofreserwes te midde van 'n wêreldwye energiekrisis wat erger word. Die organisasie waarsku Suid-Afrika mag moontlik net weke se brandstof beskik, veel minder as die 90-dae internasionale standaard, met pryse wat volgende maand…
26 Mar 3AM 1 min