SA hersien swart ekonomiese bemagtiging

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die regering hersien die raamwerk vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging om dit meer doeltreffend te maak vir die bevordering van inklusiewe groei. Die doel is om meer geleenthede vir swartnywerhede en -vrouebestuurders te skep, ongelykheid te verminder en te verseker dat meer Suid-Afrikaners voordeel trek uit ekonomiese groei. Ramaphosa het tydens die debat oor die staatsrede gesê die hersiening sal help om ekonomiese insluiting te versterk en volhoubare groei te ondersteun:
20 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sam !Khubis inspirasie vir almal, sê NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibiërs moet inspirasie te put uit die veerkragtigheid van die Basters tydens die Slag van Sam !Khubis naby Rehoboth. In ‘n toespraak wat namens haar deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 111de herdenking van dié slag gelewer is, het Nandi-Ndaitwah beklemtoon dat die moed wat by…
10 May 1AM 1 min

Brrr, die koue is hier!

Snerpende koue word vanaf vandag verwag, met ryp wat môre in dele van //Kharas, Hardap, Khomas, Omaheke, Otjozondjupa, noordoostelike Erongo, suidoostelike Kunene and suidwestelike Omusati moontlik is. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Albertina Anderson gepraat:
10 May 12AM 1 min

TLU SA steun Solidariteit met sektorkodes

Die landbou-organisasie TLU SA het steun uitgespreek vir die vakbond Solidariteit wat sektorkodes vir swart ekonomiese bemagtiging in die regsberoep in die Hooggeregshof in Pretoria betwis. Die organisasie waarsku soortgelyke reëls kan in landbou en ander nywerhede ekonomiese groei benadeel en onsekerheid skep. Bennie van Zyl van TLU SA sê…
9 May 6AM 1 min

Phala Phala: Ramaphosa moet bedank, eis Malema

Die EFF-leier, Julius Malema, sê president Cyril Ramaphosa moet bedank nadat die Konstitusionele Hof die Parlement se ampsklagte-reël ongrondwetlik verklaar het in die Phala Phala-diefstalsaak. Hy sê die saak is ernstig en moenie polities wees nie. Malema vra die Parlement om dringend voort te gaan ondanks die streng bepalings wat…
9 May 4AM 1 min

Ultimate Safaris nou 'ultimate.earth'

Ultimate Safaris staan nou bekend as “ultimate.earth”. Volgens die besturende direkteur, Tristan Cowley, weerspieël die nuwe identiteit die maatskappy se groeiende toewyding aan bewaring, gemeenskapsbemagtiging en doelgerigte reise regoor Afrika.
9 May 4AM 1 min