Ekonoom sê Shafudah moet sê oor werk en meer in begroting

Loading player...
Ekonome is versigtig optimisties oor die 2026/27 nasionale begroting wat volgende Donderdag ter tafel gelê sal word, maar sê die fokus moet ferm op werkskepping bly. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu dat die finansminister haar toespraak moet belyn met die Swapo-verkiesingsmanifes deur duidelik te vermeld hoeveel werksgeleenthede in die 2025/26-boekjaar geskep is, veral deur groen skemas en die Jeugontwikkelingsfonds, terwyl sy ook opdaterings gee oor ander beloftes wat gemaak is.
19 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dwelms kern van misdaad in Hardap

Inwoners van die Hardap-streek het kommer uitgespreek oor 'n toename in misdaad in die streek. Hardap-goewerneur Riaan McNab het onlangs onthul dat 'n totaal van 4 374 kriminele sake die afgelope jaar in die streek aangeteken is, wat 'n toename van meer as 5 persent verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het…
12 Jul 6AM 1 min

Sportwêreld geruk deur dood van Jayden Adams, Luqobo Makwedini

President Cyril Ramaphosa het die dood van Bafana Bafana en Mamelodi Sundowns se middelveldspeler Jayden Adams en die voormalige Suid-Afrikaanse o.18-rugbyspeler Luqobo Makwedini as 'n tragedie vir die nasie beskryf. Adams is Saterdagoggend dood gevind by 'n eiendom in Schotschekloof, Kaapstad, en Makwedini het tydens 'n kluboefensessie in Frankryk ineengestort…
12 Jul 5AM 1 min

Beeskloutjies toenemend gestroop

Die onwettige oes van Namibië se bedreigde lithops, of beeskloutjies, en ander beskermde plante het in die parlement ter sprake gekom, met omgewingminister Indileni Daniel wat onthul het dat 40 gevalle van plantstropery oor die afgelope vyf jaar aangeteken is. Daniel sê die Intelligensie-ondersoekeenheid van die Direktoraat van Natuurlewe en…
12 Jul 5AM 1 min

Tennis: Nosková wen Wimbledon-vrouetitel

Linda Nosková het Saterdag haar eerste Grand Slam-titel verower met 'n oorwinning oor haar landgenoot Karolína Muchová in die 2026 Wimbledon-eindstryd. Die 21-jarige negende gekeurde het vroeg oorheers, maar het verkrummel toe sy met 5-2 in die tweede stel agter was en vyf kampioenskapspunte vermors het. Muchová het dapper teruggeveg…
12 Jul 4AM 1 min

Rehoboth kook oor water uit Oanob

Inwoners van Rehoboth eis vergoeding nadat verkleurde kraanwater, gekoppel aan verhoogde mangaanvlakke in die Oanobdam, vir twee dae aan die dorp voorsien is. 'n Petisie eis dat die Rehoboth-dorpsraad inwoners krediteer vir water wat as ongeskik vir menslike gebruik beskou word. Hulle voer aan dat die reaksie van beide die…
12 Jul 4AM 1 min