Begroting: Outa vra bestedingsdissipline

Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik moedig die regering aan om op bestedingsdissipline te fokus in plaas daarvan om belasting in vanjaar se begroting te verhoog. Die organisasie sê Suid-Afrika se fiskale uitdagings word veroorsaak deur verkwistende besteding, korrupsie en reddingsboeie vir mislukte staatsentiteite, nie 'n gebrek aan inkomste nie. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, sê die herstel van dissipline en die bekamping van korrupsie sal vertroue verhoog en ekonomiese herstel ondersteun:
19 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LP's 'moet werk om openbare vertroue te herwin'

Openbare Rekeningekomitees van reg oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader in Swakopmund om parlementêre toesig, deursigtigheid en openbare finansiële bestuur te versterk. Die voorsitter van die plaaslike komitee, Hendrik Gaobaeb, sê een van die grootste uitdagings waarmee parlementêre staande komitees te kampe het, is swak openbare betrokkenheid wat veroorsaak word deur…
20 May 11AM 1 min

Engeland-afrigter verdedig SA-gebore senter in oefengroep

Rugby: Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het sy besluit verdedig om die Suid-Afrikaans-gebore senter Benhard Janse van Rensburg na sy oefenkamp vir die Nasiesbeker-kampioenskap te nooi. Die 29-jarige voormalige SA-20-speler voltooi op 8 Julie sy vyfjaar-tydperk om hom verkiesbaar te maak. Die Rugby-unie het Wêreldrugby oorreed om die datum van…
20 May 11AM 1 min

Mynaktiwiteit daal, maar eiendom-beleggers kan gelok word

Terwyl net een uit elke 1 000 eksplorasieprojekte tot ‘n myn lei en uiters duur is, toon Namibië se mynbousektor 'n merkbare verlaging in prospekteeraktiwiteit. Nie-eksklusiewe prospekteerlisensies het skerp gedaal van 'n rekordpiek van 987 in 2023, na slegs 415 in 2025. Eksklusiewe prospekteerlisensies het eweneens gedaal, van 71 in…
20 May 11AM 1 min

Debat oor presidensiële salarisgaping 'gaan oor meer as geld'

'n Debat het ontstaan oor die gaping tussen die salaris van die president en dié van uitvoerende hoofde van openbare entiteite, wat gereeld meer verdien. Lede van die publiek het kommer uitgespreek oor die gaping. Kosmos 94,1 Nuus het reaksie by bestuurskenner Pius Dunaiski gekry. Hy meen die kommer is…
20 May 10AM 1 min