Rise soek ingrypings in dobbelkrisis

Loading player...
Rise Mzansi doen 'n beroep op die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend Suid-Afrika se dobbelkrisis aan te spreek. Die party sê landsburgers het verlede jaar meer as 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand uitgedobbel, terwyl operateurs minimale belasting betaal het en byna geen bydrae gemaak het tot verantwoordelike dobbelinisiatiewe het nie. Makashule Gana van Rise Mzansi eis strenger advertensiereëls hoër belasting, sterker toesig, 'n verbod op dobbelary op krediet en strenger beheer oor beïnvloeders en sportborgskappe:
19 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lewende beesuitvoere teenproduktief, sê Schlettwein

Terwyl die regering die onlangse uitvoer van 3 000 lewende bees na Mauritius vier, het voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, die stap as teenproduktief gekritiseer. Hy voer aan dat dit plaaslike beesboere ondermyn, wat meer baat vind by die slag en verwerking van die diere binne Namibië, voor uitvoer. Schlettwein beskryf…
26 Mar 10AM 1 min

BBP groei net 1,7% in 2025, primêre industrieë vertoon swak

Die land se BBP het in 2025 met 1,7 persent gegroei. Die Namibiese Statistieke-agentskap het dit in nominale terme aangeteken as 269,8 miljard Namibiese dollar in vergelyking met die 2024-groei van 250 miljard Namibiese dollar. Die primêre industrieë het geweldig met 7,2 persent gedaal. Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni.
26 Mar 10AM 1 min

LPM soek landswye grondproduktiwiteit-oudit

Grondhervorming is weer eens in fokus, na LPM-parlementslid Utaara Mootu kennis gegee het van 'n mosie wat op 14 April in die parlement ter tafel gelê sal word, wat die instelling van 'n Nasionale Grondproduktiwiteitsoudit versoek. Mootu sê hoewel Namibië vordering gemaak het met die herverdeling van grond, fokus die…
26 Mar 9AM 1 min

VF Plus hou vulstasies dop wat brandstof terughou

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, se waarskuwing aan vulstasies wat brandstof terughou, aangesien dit onwettig is. Die minister het tydens 'n vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering gesê enige doelbewuste poging om brandstof van die mark te weerhou sal nie geduld word nie. Wynand…
26 Mar 9AM 1 min

Implementeer Nasionale Betalingstelsel deeglik, vra Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah het 'n beroep gedoen op die behoorlike implementering van Namibië se nuut bekendgestelde Nasionale Betalingstelsel. Die strategie, wat 'n finansiële insluitingskoers-mikpunt van 95 persent teen 2035 het, is daarop gemik om alle betalingsstrome soos kaarte, e-geldbeursies en bankrekeninge in te sluit om naatlose fondsoordragte tussen verskillende verskaffers…
26 Mar 8AM 1 min