Meer as 80 VN-lede veroordeel Israel se Wesoewer-maatreëls

Loading player...
ʼn Groep van meer as 80 lidlande van die Verenigde Nasies, insluitend Namibië, veroordeel Israel se nuwe maatreëls in die Wesoewer. Die Israelse regering het die eerste keer sedert Tel Aviv die gebied in 1967 oorgeneem het, ʼn voorstel goedgekeur om groot dele van die Wesoewer as “staatseiendom” te registreer. Die Palestynse permanente waarnemer by die VN, Riyad Mansour, sê hulle verwerp alle maatreëls wat daarop gemik is om die demografiese samestelling, karakter en status van die Palestynse gebied te verander:
18 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Migrasie-wet oop die openbare kommentaar

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het openbare konsultasies oor die konsep-migrasiewetsontwerp van stapel gestuur en Namibiërs aangemoedig om aktief die wet te help vorm wat migrasie in die land sal beheer. Iipumbu het Woensdag by die Oshana-streekraadsouditorium in Oshakati gepraat en gesê die konsultasies is 'n sleutelstap in die modernisering van…
20 May 11PM 1 min

Trump sê onderhandelinge met Iran is in finale stadiums

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag gesê onderhandelinge met Iran is “in die finale stadiums”, terwyl hy gewaarsku het teen verdere aanvalle, tensy Teheran tot 'n vredesooreenkoms instem. Maar ses weke sedert Trump Operasie Epic Fury onderbreek het vir 'n wapenstilstand, het samesprekings min vordering getoon. Teheran het Trump daarvan…
20 May 11PM 1 min

LP's 'moet werk om openbare vertroue te herwin'

Openbare Rekeningekomitees van reg oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader in Swakopmund om parlementêre toesig, deursigtigheid en openbare finansiële bestuur te versterk. Die voorsitter van die plaaslike komitee, Hendrik Gaobaeb, sê een van die grootste uitdagings waarmee parlementêre staande komitees te kampe het, is swak openbare betrokkenheid wat veroorsaak word deur…
20 May 11AM 1 min

Engeland-afrigter verdedig SA-gebore senter in oefengroep

Rugby: Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het sy besluit verdedig om die Suid-Afrikaans-gebore senter Benhard Janse van Rensburg na sy oefenkamp vir die Nasiesbeker-kampioenskap te nooi. Die 29-jarige voormalige SA-20-speler voltooi op 8 Julie sy vyfjaar-tydperk om hom verkiesbaar te maak. Die Rugby-unie het Wêreldrugby oorreed om die datum van…
20 May 11AM 1 min