Venaani vies oor multimiljoen-dollar-huise vir oud-presidente

Loading player...
PDM-leier McHenry Venaani het nuwe debat ontketen oor staatsbefondsde aftreepakkette vir Namibiese presidente, insluitend huise wat soveel as 43 miljoen Namibiese dollar of meer kan kos. Venaani bevraagteken of sulke voordele, wat onder die Wet op Voormalige Presidente se Pensioen- en Ander Voordele van 2004 vasgelê is, bekostigbaar en geregverdig is te midde van dringende nasionale behoeftes. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat veral 'n hersiening gedoen moet word van die multimiljoen-dollar-huise waarop voormalige presidente outomaties geregtig is.
17 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Junie-brandstofprys volgende week bepaal terwyl olie styg

Na twee agtereenvolgende maande van brandstofprys verhogings, vergader amptenare van die energieministerie volgende week om Junie se brandstofpryse te finaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, die ministerie se hoofekonoom gepraat, wat sê die besluite sal geneem word op grond van huidige globale faktore.
21 May 12AM 1 min

Amupanda noem herdenking van Byedag 'Europees'

Met die viering van Wêreld-byedag en uitlatings deur die president wat haar ondersteuning vir die werk wat deur plaaslike organisasies en byeboere gedoen word,uitgespreek het, het die leier van die AR-beweging, Job Amupanda die kwessie verpolitiseer. Op sosiale media sê hy, hy verstaan nie hoekom hierdie regering obsessief en besorg…
21 May 12AM 1 min

Migrasie-wet oop die openbare kommentaar

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het openbare konsultasies oor die konsep-migrasiewetsontwerp van stapel gestuur en Namibiërs aangemoedig om aktief die wet te help vorm wat migrasie in die land sal beheer. Iipumbu het Woensdag by die Oshana-streekraadsouditorium in Oshakati gepraat en gesê die konsultasies is 'n sleutelstap in die modernisering van…
20 May 11PM 1 min

Trump sê onderhandelinge met Iran is in finale stadiums

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag gesê onderhandelinge met Iran is “in die finale stadiums”, terwyl hy gewaarsku het teen verdere aanvalle, tensy Teheran tot 'n vredesooreenkoms instem. Maar ses weke sedert Trump Operasie Epic Fury onderbreek het vir 'n wapenstilstand, het samesprekings min vordering getoon. Teheran het Trump daarvan…
20 May 11PM 1 min