FIS stel alle gryslys-tekorte reg voor sperdatum

Loading player...
Die Finansiële Intelligensie-sentrum sê hy het voor die Mei 2026 sperdatum, al 13 tekorte wat deur die Finansiële Aksie-taakmag uitgewys is aangespreek. Dit kom na die land in Februarie 2024 op die taakmag se gryslys geplaas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Bryan Eiseb, die direkteur van die sentrum gepraat.
16 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie nuwe LP's by Pan-Afrika-parlement ingesweer

Drie lede van Namibië se afvaardiging na die Pan-Afrikaanse parlement is ingesweer tydens die amptelike opening van die sewende vastelandse wetgewer se eerste buitengewone sitting in Midrand. Hulle is Olivia Hanghuwo en Tjimutambo Kuuoko van die Nasionale Raad, en Alpheus !Naruseb van die Nasionale Vergadering. Hulle is ingesweer om vakatures…
29 Apr 3AM 1 min

Schreiber sê opknappings by grense sal sekerheid verbeter

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die beplande opknapping van die ses besigste toegangspunte sal grensveiligheid aansienlik versterk en help om onwettige handel te verminder. Schreiber het tydens die aankondiging van die suksesvolle openbare privaat vennootskap-bieërs gesê die herontwikkelingsprojek van 12,5 miljard Suid-Afrikaanse rand sal infrastruktuur vernuwe, gevorderde…
29 Apr 3AM 1 min

Verligting in brandstofheffings kos SA-regering R17 miljard

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die koste van die tydelike verlaging van die brandstofheffing, van April tot Junie 2026, beteken ʼn verlies van ongeveer 17,2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan belastinginkomste. Die regering het die vermindering van 3 rand per liter vir petrol en 3,93 rand per liter vir…
29 Apr 2AM 1 min

Charles lewer geskiendkundige toespraak in Kongres

Koning Charles die Derde het ʼn geskiedkundige toespraak voor die Amerikaanse Kongres gelewer. Hy het die belangrikheid van die verhouding tussen die Verenigde Koninkryk en Amerika beklemtoon, diversiteit en vrede aangemoedig en multilaterale instellings geloof. Dit was die eerste koninklike toespraak voor die Kongres sedert dié van koningin Elizabeth die…
29 Apr 2AM 1 min

Simbine Classis ‘n reuse-sukses

Suid-Afrika het die mans en vroue se 4x100-meter aflosse by die eerste Simbine Classic-byeenkoms in Tshwane gewen. Emmanuel Eseme van Kameroen het die Amerikaner, Pjai Austin, geklop toe hy die mans se 100 meter-item in 10,03-sekondes genael het. Akani Simbine is halfpad deur die wedloop beseer en het laaste gekom…
29 Apr 1AM 1 min