Handskoen gevind in soektog na VSA-nuusleser Guthrie se ma

Loading player...
Die FBI glo 'n handskoen wat naby Nancy Guthrie se huis in Tucson, Arizona, gevind is, is 'n deurslaggewende ontwikkeling in haar ontvoeringsaak. Die Amerikaanse nuusleser Savannah Guthrie se 84-jarige ma het twee weke gelede vanaf haar huis vermis geraak. Die FBI sê forensiese DNS-toetse word op die handskoen gedoen in 'n poging om 'n moontlike verdagte te identifiseer. Guthrie sê die familie hoop steeds haar ma sal terugkeer:
16 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ReconAfrica begin produksietoetse by Kavango Wes-1X put

Namcor het die aanvang van produksietoetse by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom aangekondig. Die put word deur ReconAfrica bedryf met 'n 70 persent belang, saam met vennote BW Kudu met 20 persent en Namcor met 10 persent. Die Kavango West-1X-put het tot dusver bemoedigende tegniese data…
26 Mar 11AM 1 min

SA Reserwebank hou rentekoers onveranderd op 6,75%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers onveranderd gelaat op 6,75-persent. Die bank sê die besluit weerspieël voortdurende wêreldwye onsekerheid, insluitend stygende oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, wat na verwagting 'n styging in korttermyn inflasie sal veroorsaak. Die President van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hoewel…
26 Mar 11AM 1 min

Oorstromings by Chobe-rivier veroorsaak chaos

Oorstromings in die noordoostelike dele van die land duur voort en die situasie is benard. Jofie Lamprecht is by die Chobe-rivier en het foto's aangestuur wat op Kosmos 94.1 se Facebook-blad gesien kan word. Die Ngoma-brug het 2 meter oor voordat hy oorstroom en sommige lodges het reeds gesluit. Wilde…
26 Mar 10AM 1 min

Lewende beesuitvoere teenproduktief, sê Schlettwein

Terwyl die regering die onlangse uitvoer van 3 000 lewende bees na Mauritius vier, het voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, die stap as teenproduktief gekritiseer. Hy voer aan dat dit plaaslike beesboere ondermyn, wat meer baat vind by die slag en verwerking van die diere binne Namibië, voor uitvoer. Schlettwein beskryf…
26 Mar 10AM 1 min