Ekonoom louwarm oor Cyril se staatsrede

Loading player...
Skeptisisme volg op Suid-Afrika se jongste Staatsrede. Beleggingsekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy was weereens nie beïndruk met president Cyril Ramaphosa se toespraak nie en het dit beskryf as 'n herhaling van ou retoriek. Klopper sê baie van die toespraak het gefokus op dekades van regeringsmislukkings in basiese dienslewering. Terwyl hy toegee dat die erkenning van die probleme nodig is, voer hy aan dat die voorgestelde oplossings te veel staatmaak op die skep van nuwe komitees, in plaas daarvan om die departemente wat reeds verantwoordelik is vir dienslewering, reg te stel.
16 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boko wil Botswana se samewerking met SA verder versterk

Botswana se president Duma Boko sê dis tydig en noodsaaklik dat sy land en Suid-Afrika voortgaan om samewerking in alle sektore te versterk. Hy het gisteraand ʼn staatsbanket aangebied ter ere van president Cyril Ramaphosa wat op ʼn tweedaagse staatsbesoek in Botswana is. Suid-Afrika is Botswana se grootste handelsvennoot en…
21 May 3AM 1 min

Aston Villa lig trofee na 30 jaar omhoog

Aston Villa moes 30 jaar wag voordat hulle weer die trofee omhoog kon hou nadat hulle Freiburg met 3-0 geklop het om die Europa Liga in Istanboel te wen. Youri Tielemans en Emi Buendia se doele in die eerste helfte, gevolg deur Morgan Rogers se doel in die tweede helfte…
21 May 3AM 1 min

NIPDB sê oor gemengde uitslae op Startup-indeks

Reaksie word ontvang op die resultate van die StartupBlink Global Startup Ecosystem-indeks wat gemengde uitslae vir Namibië toon. Wêreldwyd het ons agt plekke teruggeval na 94ste toe. In Afrika het die land ook teruggesak uit die top-agt na tiende plek, en in die SAOG-streek het ons tweede plek behou. Terwyl…
21 May 2AM 1 min

Gauteng skole se skuld is onderwysdepartement se skuld

AfriForum sê die Gautengse Departement van Onderwys blameer skole verkeerdelik vir die provinsie se munisipale skuldkrisis. Die burgerregte-organisasie sê die departement ignoreer sy eie rol in onbetaalde munisipale rekeninge, insluitend 'n gerapporteerde skuld van 583 miljoen Suid-Afrikaanse rand, asook vertraagde oorbetalings aan skole. Alana Bailey van AfriForum waarsku planne om…
21 May 2AM 1 min

Ebola: WGO waarsku entstof kan nig 9 maande duur

Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dit kan tot nege maande duur voordat 'n entstof teen die Bundibugyo-virus, wat die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda veroorsaak, beskikbaar is. Daar is tot dusver 600 vermeende Ebola-gevalle en 139 vermeende sterftes aangemeld. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê…
21 May 1AM 1 min