FOSA sê oor leefstyloudits vir SAPD-lede

Loading player...
Die Forum for South Africa sê dis noodsaaklik dat polisiebeamptes gekeur word, maar dis nie genoeg nie. President Cyril Ramaphosa het Donderdag in sy staatsrede gesê die Staatsveiligheidsagentskap sal weer die polisie se senior bestuur en metropolisiedepartemente keur en dit sal leefstyloudits insluit. FOSA-leier Tebogo Masholompane sê hierdie stap volg na onthullings in die Madlanga-kommissie en die parlementêre ad hoc-komitee:
16 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verligting in brandstofheffings kos SA-regering R17 miljard

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die koste van die tydelike verlaging van die brandstofheffing, van April tot Junie 2026, beteken ʼn verlies van ongeveer 17,2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan belastinginkomste. Die regering het die vermindering van 3 rand per liter vir petrol en 3,93 rand per liter vir…
29 Apr 2AM 1 min

Charles lewer geskiendkundige toespraak in Kongres

Koning Charles die Derde het ʼn geskiedkundige toespraak voor die Amerikaanse Kongres gelewer. Hy het die belangrikheid van die verhouding tussen die Verenigde Koninkryk en Amerika beklemtoon, diversiteit en vrede aangemoedig en multilaterale instellings geloof. Dit was die eerste koninklike toespraak voor die Kongres sedert dié van koningin Elizabeth die…
29 Apr 2AM 1 min

Simbine Classis ‘n reuse-sukses

Suid-Afrika het die mans en vroue se 4x100-meter aflosse by die eerste Simbine Classic-byeenkoms in Tshwane gewen. Emmanuel Eseme van Kameroen het die Amerikaner, Pjai Austin, geklop toe hy die mans se 100 meter-item in 10,03-sekondes genael het. Akani Simbine is halfpad deur die wedloop beseer en het laaste gekom…
29 Apr 1AM 1 min

Plaaslike malaria-reaksie kry teenstand

Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die ministerie verskerp pogings om malaria in geaffekteerde streke te bekamp. Sedert Januarie het Namibië 57 180 bevestigde malariagevalle aangeteken, met die Omusati-streek een van die hardste getrefde gebiede. Landwyd is 3 067 mense in die hospitaal opgeneem, terwyl 61 aan die siekte gesterf het. Luvindao…
29 Apr 1AM 1 min