Die plaaslike klerevervaardiger Dinapama sê die regering moet die openbare verkrygingstelsel verskerp om te verhoed dat individue regeringstenders vir persoonlike gewin misbruik. Besturende direkteur David Namalenga het die opmerkings gemaak tydens 'n besoek aan die maatskappy se Windhoek-fasiliteit deur IKT-minister Emma Theofelus, en gesê sommige Namibiese besighede buit die verkrygingsproses…
Reën word oor meeste dele van die land verwag vandag. Kenners meen die winterreën is ‘n teken van die Super El Nino wat op pad is. Maar, meer daaroor in ‘n volgende bulletin. Vir nou hoor ons van Albertina Anderson van die Namibiese weerdiens.
Botswana se president Duma Boko sê dis tydig en noodsaaklik dat sy land en Suid-Afrika voortgaan om samewerking in alle sektore te versterk. Hy het gisteraand ʼn staatsbanket aangebied ter ere van president Cyril Ramaphosa wat op ʼn tweedaagse staatsbesoek in Botswana is. Suid-Afrika is Botswana se grootste handelsvennoot en…
Aston Villa moes 30 jaar wag voordat hulle weer die trofee omhoog kon hou nadat hulle Freiburg met 3-0 geklop het om die Europa Liga in Istanboel te wen. Youri Tielemans en Emi Buendia se doele in die eerste helfte, gevolg deur Morgan Rogers se doel in die tweede helfte…
Reaksie word ontvang op die resultate van die StartupBlink Global Startup Ecosystem-indeks wat gemengde uitslae vir Namibië toon. Wêreldwyd het ons agt plekke teruggeval na 94ste toe. In Afrika het die land ook teruggesak uit die top-agt na tiende plek, en in die SAOG-streek het ons tweede plek behou. Terwyl…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.