Die landbou-organisasie TLU SA brei sy Jongboer van die Jaar-kompetisie uit, en stel vanjaar 'n Jeugboer van die Jaar-kategorie vir leerders bekend. Die projek moedig leerders aan om entrepreneursvaardighede, kreatiwiteit en verantwoordelikheid te ontwikkel met praktiese landbouprojekte. Bennie van Zyl van TLU SA sê die projek stel kinders bekend aan…
Oliepryse het met meer as 5 persent gestyg terwyl die VSA en Iran verskillende weergawes gee oor of vredesonderhandelinge plaasvind. Brent-ruolie het Donderdag 'n hoogtepunt van 108 Amerikaanse dollar 50 sent per vat bereik. Dit het die vorige dag op 102 dollar gesluit. Dit kom nadat Amerika daarop aangedring het…
Namcor het die aanvang van produksietoetse by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom aangekondig. Die put word deur ReconAfrica bedryf met 'n 70 persent belang, saam met vennote BW Kudu met 20 persent en Namcor met 10 persent. Die Kavango West-1X-put het tot dusver bemoedigende tegniese data…
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers onveranderd gelaat op 6,75-persent. Die bank sê die besluit weerspieël voortdurende wêreldwye onsekerheid, insluitend stygende oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, wat na verwagting 'n styging in korttermyn inflasie sal veroorsaak. Die President van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hoewel…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.