Alternatiewe geskilbeslegting-kommissie gou 'n werklikheid

Loading player...
Die Kantoor van die Arbeidskommissaris het aangekondig dat die kabinet 'n gedetailleerde beleidsraamwerk vir die stig van 'n Kommissie vir Alternatiewe Geskilbeslegting goedgekeur het, en die onmiddellike implementering daarvan gelas het. As deel van die proses sal die Tegniese Werkgroep streeksraadplegings met belanghebbendes in al veertien streke voer. Jeremiah Namalenga, die arbeidsministerie se woordvoerder, gee meer inligting.
12 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TLU SA stel jeugboer-kompetisie bekend

Die landbou-organisasie TLU SA brei sy Jongboer van die Jaar-kompetisie uit, en stel vanjaar 'n Jeugboer van die Jaar-kategorie vir leerders bekend. Die projek moedig leerders aan om entrepreneursvaardighede, kreatiwiteit en verantwoordelikheid te ontwikkel met praktiese landbouprojekte. Bennie van Zyl van TLU SA sê die projek stel kinders bekend aan…
26 Mar 11PM 1 min

Olie wipplank soos VSA en Iran kommentaar

Oliepryse het met meer as 5 persent gestyg terwyl die VSA en Iran verskillende weergawes gee oor of vredesonderhandelinge plaasvind. Brent-ruolie het Donderdag 'n hoogtepunt van 108 Amerikaanse dollar 50 sent per vat bereik. Dit het die vorige dag op 102 dollar gesluit. Dit kom nadat Amerika daarop aangedring het…
26 Mar 11PM 1 min

ReconAfrica begin produksietoetse by Kavango Wes-1X put

Namcor het die aanvang van produksietoetse by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom aangekondig. Die put word deur ReconAfrica bedryf met 'n 70 persent belang, saam met vennote BW Kudu met 20 persent en Namcor met 10 persent. Die Kavango West-1X-put het tot dusver bemoedigende tegniese data…
26 Mar 11AM 1 min

SA Reserwebank hou rentekoers onveranderd op 6,75%

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers onveranderd gelaat op 6,75-persent. Die bank sê die besluit weerspieël voortdurende wêreldwye onsekerheid, insluitend stygende oliepryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, wat na verwagting 'n styging in korttermyn inflasie sal veroorsaak. Die President van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê hoewel…
26 Mar 11AM 1 min