LAC veroordeel dreigegemente, aanvalle op regslui

Loading player...
Die Regshulpsentrum het aanvalle en dreigemente teen regsbeamptes sterk veroordeel na die dood van Ondangwa-aanklaer Justine Shiwedwa, wat maande nadat sy beserings opgedoen het in 'n skietery en suuraanval, oorlede is. Met landdroste en aanklaers wat toenemend dreigemente rapporteer wat verband hou met sake wat hulle hanteer, neem kommer toe oor die impak op geregtigheid. Die sentrum se direkteur, Toni Hancox, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sulke aanvalle die oppergesag van die reg ondermyn.
12 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mynwese groei plaaslik, maar daar is uitdagings

Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Fabian Shaanika, sê Namibië se mynbousektor bly stabiel en op 'n groeitrajek, gedryf deur stygende wêreldwye vraag na kritieke minerale en sterk eksplorasiebeleggings oor die afgelope vyf jaar. Shaanika vertel egter aan Kosmos 94.1 Nuus dat regulatoriese onsekerheid, energie- en…
21 May 4AM 1 min

Castro-klagtes: Amerikaners kan nie net lukraak aangeval word nie

Meer inligting is bekend oor die Amerikaanse regering wat die voormalige Kubaanse president, Raúl Castro, en vyf ander aangekla het. Dit hou verband met die 94-jarige Castro se vermeende aandeel in die bevel om in 1996 twee burgerlike vliegtuie van die Kubaans-Amerikaanse groep, Brothers to the Rescue, af te skiet…
21 May 4AM 1 min

Verkryging moet werkverskaffingsteikens insluit

Die plaaslike klerevervaardiger Dinapama sê die regering moet die openbare verkrygingstelsel verskerp om te verhoed dat individue regeringstenders vir persoonlike gewin misbruik. Besturende direkteur David Namalenga het die opmerkings gemaak tydens 'n besoek aan die maatskappy se Windhoek-fasiliteit deur IKT-minister Emma Theofelus, en gesê sommige Namibiese besighede buit die verkrygingsproses…
21 May 3AM 1 min

Reën word vir vandag voorspel

Reën word oor meeste dele van die land verwag vandag. Kenners meen die winterreën is ‘n teken van die Super El Nino wat op pad is. Maar, meer daaroor in ‘n volgende bulletin. Vir nou hoor ons van Albertina Anderson van die Namibiese weerdiens.
21 May 3AM 1 min

Boko wil Botswana se samewerking met SA verder versterk

Botswana se president Duma Boko sê dis tydig en noodsaaklik dat sy land en Suid-Afrika voortgaan om samewerking in alle sektore te versterk. Hy het gisteraand ʼn staatsbanket aangebied ter ere van president Cyril Ramaphosa wat op ʼn tweedaagse staatsbesoek in Botswana is. Suid-Afrika is Botswana se grootste handelsvennoot en…
21 May 3AM 1 min