Krieket: Namibiërs hou asem op oor Delhi-stryd

Loading player...
Nog net sowat twee ure voordat spelers in Namibië se nasionale krieketspan een van die belangrikste wedstryde in hul loopbaan gaan speel. Die Eagles kom omstreeks halfvier Namibiese tyd teen die gedugte Indiese span in Delhi in Indië in ‘n groepwedstryd in die T20-Wêreldbeker te staan. Buiten vir die uitdaging van die tuisskare, is dit aand in Indië en vind die wedstryd onder spreiligte plaas. Eagles-kaptein Gerhard Erasmus som die afwagting op:
12 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nekundi sat vir Chinese oorheersing in konstruksie, wil verkryging aanpas

Werkeminister Veikko Nekundi het kommer in die parlement uitgespreek oor die toenemende oorheersing van Chinese kontrakteurs in die konstruksiesektor. Hy waarsku dat sommige streng tendervereistes plaaslike maatskappye opsy skuif en selfs bekwame Namibiese kontrakteurs dwing om subkontrakteringsgeleenthede in hul eie land te soek. Hy sê die regering ondersoek moontlike veranderinge…
27 Mar 12AM 1 min

Van 'n nederige begin tot by 'n Mexikaanse avontuur

Ultimate Safaris-gids Peter Nuugonya het onlangs na Baja California in Mexiko gereis vir 'n drie weke lange avontuur met Todos Santos Eco Adventures. Nuugonya, wat in 'n dorpie naby Ondangwa grootgeword het en op 'n jong ouderdom geleer het hoe om diere op te spoor, het die toekenning vir topgids…
27 Mar 12AM 1 min

TLU SA stel jeugboer-kompetisie bekend

Die landbou-organisasie TLU SA brei sy Jongboer van die Jaar-kompetisie uit, en stel vanjaar 'n Jeugboer van die Jaar-kategorie vir leerders bekend. Die projek moedig leerders aan om entrepreneursvaardighede, kreatiwiteit en verantwoordelikheid te ontwikkel met praktiese landbouprojekte. Bennie van Zyl van TLU SA sê die projek stel kinders bekend aan…
26 Mar 11PM 1 min

Olie wipplank soos VSA en Iran kommentaar

Oliepryse het met meer as 5 persent gestyg terwyl die VSA en Iran verskillende weergawes gee oor of vredesonderhandelinge plaasvind. Brent-ruolie het Donderdag 'n hoogtepunt van 108 Amerikaanse dollar 50 sent per vat bereik. Dit het die vorige dag op 102 dollar gesluit. Dit kom nadat Amerika daarop aangedring het…
26 Mar 11PM 1 min