SA verkies tot AU se vredes-, veiligheidsraad

Loading player...
Suid-Afrika is vir 'n termyn van twee jaar tot die vredes- en veiligheidsraad van die Afrika-unie verkies. Die raad van 15 lede bemiddel tydige en doeltreffende reaksie op konflik- en krisissituasies in Afrika. Die woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika se termyn in die raad sal gerig word deur sy buitelandse beleid, wat vrede, bestendigheid en ontwikkeling in Afrika prioritiseer:
12 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Prysmonster deins terug in Januarie

Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers van 2,9 persent is die laagste in minstens 12 maande. Dis hoofsaaklik te danke aan voedselinflasie van net 1,9 persent, ‘n drastiese daling van die 5,6 persent ‘n Januarie 2025. Die hoogste inflasie, volgens die Namibiese Statistiekagentskap, was onder huishoudings, wat op 4,6% staan, gevolg…
12 Feb 5AM 1 min

Wes-Kaap werk aan nuwe plan teen bendegeweld

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê ʼn hersiene plan word tans afgehandel om bestendigheid te bring ten opsigte van bendegeweld en georganiseerde misdaad in die Wes-Kaap. Polisie-pogings het die afgelope maande gelei tot ʼn aansienlike aantal inhegtenisnemings, insluitend 17 bendelede. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mokgotse, sê die…
12 Feb 5AM 1 min

Steenhuisen sê hy's nie uitgeskop nie

Die uittredende leier van die DA, John Steenhuisen, ontken berigte dat hy uit die leierskapstryd gedwing is. Hy het verlede week aangekondig dat hy nie in April vir 'n derde termyn gaan staan nie. Die Helen Zille-faksie het hom glo oorreed om te onttrek weens kritiek oor sy hantering van…
12 Feb 3AM 1 min

Epstein-lêers reg hanteer, sê Amerika se PG

Amerika se prokureur-generaal, Pam Bondi, het die Trump-administrasie se hantering van die Jeffrey Epstein-lêers verdedig. Die Departement van Justisie is gestriem oor sy versuim om elke dokument bekend te maak wat deel was van die ondersoek na die oorlede seksoortreder, en die foute in redigering toe dit uiteindelik vrygestel is…
12 Feb 3AM 1 min

Bek-en-klou bevestig in Tuinroete

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit sê die bek-en-klouseergeval wat op ʼn melkplaas naby Mosselbaai ondersoek is, het positief vir die virus getoets. Die geval is op ʼn plaas buite Hartenbos opgemerk. Die siekte raak diere met gesplete hoewe soos beeste, skape, bokke en varke, en veroorsaak pynlike sere in die mond en aan…
12 Feb 2AM 1 min