Namibië slaan slag in water-beplanning

Loading player...
Die Global Water Partnership Organisation het vanoggend amptelik sy hoofkwartier in Windhoek geopen na die ondertekening van 'n ooreenkoms met die ministerie van water en landbou. Die organisasie beoog om meer as 15 miljard Amerikaanse dollar in waterbeleggings wêreldwyd te mobiliseer deur bankbare projekpyplyne te skep en innoverende gemengde publiek-private finansiering te ontsluit. Lynminister Inge Zaamwani sê die ooreenkoms versterk nasionale waterraamwerke en oorgrens-samewerking om besluitneming en verantwoordbaarheid te verbeter.
11 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min