O'Sullivan ontken hy het Opod infiltreer

Loading player...
Die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, ontken bewerings dat hy die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat geïnfiltreer het. Hy getuig voor die parlement se ad hoc-komitee wat beweerde politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek. O'Sullivan sê hy het in 2016 'n saak teen die voormalige waarnemende polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, ingedien oor beweerde korrupsie, geldwassery en afpersing. Hy bevestig hy het tot 2018 met OPOD te doene gehad maar noem infiltrasie-bewerings 'n blatante leuen:
11 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Korrekte prys vir olie is tussen US$60 en US$70 - ekonoom

Oor die afgelope twee weke het die prys van Brent-ruolie gedaal, van ongeveer 119 Amerikaanse dollar per vat vroeg in Mei tot rondom 106 dollar per vat Woensdagaand en nou net bo 104 dollar. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie tendens sal voortduur solank…
21 May 6AM 1 min

IPPR glo inligtingkommissaris sal voor einde '26 aangestel word

Inligtingminister Emma Theofelus het 'n konsultatiewe vergadering tussen die ministerie en verteenwoordigers van die Aksie Namibië-koalisie byeengeroep om die operasionalisering van die Toegang tot Inligtingswet te bespreek. Moontlike samewerkingsareas is ook ondersoek om die implementering daarvan te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die Graham Hopwood, direkteur van die Instituut…
21 May 6AM 1 min

Mynwese groei plaaslik, maar daar is uitdagings

Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Fabian Shaanika, sê Namibië se mynbousektor bly stabiel en op 'n groeitrajek, gedryf deur stygende wêreldwye vraag na kritieke minerale en sterk eksplorasiebeleggings oor die afgelope vyf jaar. Shaanika vertel egter aan Kosmos 94.1 Nuus dat regulatoriese onsekerheid, energie- en…
21 May 4AM 1 min

Castro-klagtes: Amerikaners kan nie net lukraak aangeval word nie

Meer inligting is bekend oor die Amerikaanse regering wat die voormalige Kubaanse president, Raúl Castro, en vyf ander aangekla het. Dit hou verband met die 94-jarige Castro se vermeende aandeel in die bevel om in 1996 twee burgerlike vliegtuie van die Kubaans-Amerikaanse groep, Brothers to the Rescue, af te skiet…
21 May 4AM 1 min