Dringende stappe teen bultende staatsdiens nodig

Loading player...
Namibië se staatsdiens het in 2025 tot byna 119 000 werknemers gestyg, van 107 000 in 2024. Die Staatsdienskommissie het in 2024, toe daar 107 000 staatsamptenary was, beraam dat dit die staat jaarliks sowat 35,4 miljard Namibiese dollar in salarisse en voordele kos. Bestuurskenner Pius Dunaiski waarsku dat met meer as 20 persent van Namibië se werksmag wat nou afhanklik is van regeringssalarisse, die staat vinnig die grootste werkgewer word. Hy sê die ekonomie kan nie die koste van die amptenary volhoubaar dra nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Dunaiski gesê dringende stappe moet gedoen word.
11 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min