SA ontaard in 'gemeenskap sonder gevolge'

Loading player...
Build One South Africa waarsku Suid-Afrika word 'n gemeenskap sonder gevolge, met misdaadnetwerke wat in sleutelstaatsinstellings gevestig is. Die party sê toenemende misdaad, insluitend byna 80 moorde en meer as 130 verkragtings per dag, bedreig beide veiligheid en ekonomiese groei. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om Donderdag se staatsrede te gebruik om dit duidelik te maak dat niemand, ongeag hul politieke posisie, bo die wet verhewe is nie:
11 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Korrekte prys vir olie is tussen US$60 en US$70 - ekonoom

Oor die afgelope twee weke het die prys van Brent-ruolie gedaal, van ongeveer 119 Amerikaanse dollar per vat vroeg in Mei tot rondom 106 dollar per vat Woensdagaand en nou net bo 104 dollar. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie tendens sal voortduur solank…
21 May 6AM 1 min

IPPR glo inligtingkommissaris sal voor einde '26 aangestel word

Inligtingminister Emma Theofelus het 'n konsultatiewe vergadering tussen die ministerie en verteenwoordigers van die Aksie Namibië-koalisie byeengeroep om die operasionalisering van die Toegang tot Inligtingswet te bespreek. Moontlike samewerkingsareas is ook ondersoek om die implementering daarvan te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die Graham Hopwood, direkteur van die Instituut…
21 May 6AM 1 min

Mynwese groei plaaslik, maar daar is uitdagings

Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Fabian Shaanika, sê Namibië se mynbousektor bly stabiel en op 'n groeitrajek, gedryf deur stygende wêreldwye vraag na kritieke minerale en sterk eksplorasiebeleggings oor die afgelope vyf jaar. Shaanika vertel egter aan Kosmos 94.1 Nuus dat regulatoriese onsekerheid, energie- en…
21 May 4AM 1 min

Castro-klagtes: Amerikaners kan nie net lukraak aangeval word nie

Meer inligting is bekend oor die Amerikaanse regering wat die voormalige Kubaanse president, Raúl Castro, en vyf ander aangekla het. Dit hou verband met die 94-jarige Castro se vermeende aandeel in die bevel om in 1996 twee burgerlike vliegtuie van die Kubaans-Amerikaanse groep, Brothers to the Rescue, af te skiet…
21 May 4AM 1 min