'Help', vra families van 17 vasgekeerdes in Rusland/Oekraïne-oorlog

Loading player...
Die families van die 17 mans van Suid-Afrika wat in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne vasgekeer is, sê hulle is gefrustreerd met die trae vordering om te verseker dat die groep veilig terugkeer. Die mans is in Julie na Rusland gelok onder die indruk dat hulle as lyfwagte opgelei sal word. President Cyril Ramaphosa en die Russiese president, Vladimir Putin, het onderneem om die proses te ondersteun om die mans na Suid-Afrika te laat terugkeer. Phumla Zuma, wie se twee seuns deel is van die groep, sê die mans is onskuldig:
Phumla Zuma Woensdag
11 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min