
Vyf polisiebeamptes in sop oor dwelms, selfone in selle
Loading player...
Die Namibiese Polisie se hoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, het aangekondig dat vyf polisiebeamptes, van konstabels tot sersante, ontslaan sal word na ernstige wangedrag. Shikongo het tydens 'n perskonferensie gesê die polisiebeamptes is in besit gevind van dwelms, selfone en batterye wat bedoel was vir gevangenes in polisieselle.

