FNB WeSave-rekening ontwerp vir groep-spaar

Loading player...
FNB Namibië het amptelik die WeSave-rekening bekendgestel, 'n nuwe produk wat ontwerp is om kliënte in staat te stel om groepspaarrekeninge oop te maak. FNB se hoof van belegging, Ziggy Muinjo, sê die WeSave-rekening bevorder veiliger finansiële insluiting. Hy sê dat die bank 'n gaping in die mark geïdentifiseer het, en die produk ontwikkel het om dit aan te spreek.
10 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vyf polisiebeamptes in sop oor dwelms, selfone in selle

Die Namibiese Polisie se hoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, het aangekondig dat vyf polisiebeamptes, van konstabels tot sersante, ontslaan sal word na ernstige wangedrag. Shikongo het tydens 'n perskonferensie gesê die polisiebeamptes is in besit gevind van dwelms, selfone en batterye wat bedoel was vir gevangenes in polisieselle.
10 Feb 10AM 1 min

LIV Gholf teiken jeug-talentuitbreiding in SA

Gholf: Die uitvoerende hoof van LIV Gholf, Scott O'Neill, sê die Southern Guards se bekendstelling van LIV Gholf in Suid-Afrika is daarop gemik om gholf in die volgende generasie te laat groei. O'Neill het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika na die stigting van die Southern Guards-akademie verwys as 'n…
10 Feb 10AM 1 min

NTN vertel meer oor verhoog-akteurs opleidingslaboratorium

Die Nasionale Teater van Namibië het 'n skedule vrygestel van die verhoog-akteurs opleidingslaboratorium se datums vir die jaar. Die opleidingsprogram vir beide akteurs en nie-akteurs, sal by die teater aangebied word. Die program het die afgelope naweek begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Desiree Mentor, NTN se woordvoerder gepraat.
10 Feb 9AM 1 min

Trek petroleum wetsontwerp terug, sê IPC

Die amptelike opposisie IPC is sterk gekant teen die petroleum wetsontwerp wat in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is en wat die stroomop-petroleum sektor onder die president se kantoor sal laat val. IPC-president Panduleni Itula het by 'n perskonferensie in die hoofstad gesê daar moet 'n skeiding van magte…
10 Feb 9AM 1 min