Namibiërs onthou wyle Erkki Nghimtina

Loading player...
Huldeblyke stroom steeds in vir die veteraan Swapo-lid en voormalige kabinetsminister Erkki Nghimtina, wat Sondagmiddag in sy huis op 77-jarige ouderdom oorlede is. Nghimtina het tussen 1997 en 2020 in vier ministeriële portefeuljes gedien, insluitend verdediging, myne en energie, werke en vervoer, en arbeid. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die leier van die Swapo-jeugliga, Ephraim Nekongo, gesê Februarie bly 'n somber maand vir Namibië omdat die land ook twee voormalige presidente gedurende hierdie tydperk verloor het.
9 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NSA en Angola Statistiekinstituut span saam

Die Namibiese Statistiek-agentskap en die Nasionale Statistiekinstituut van Angola het 'n ooreenkoms onderteken na 'n werksbesoek. Woordvoerder van die Statistiek-agentskap, Mirjam Shihepo, sê die ooreenkoms is daarop gemik om idees uit te ruil op die gebied van bestuur, nasionale beplanning en die evaluering van openbare beleide, deur die produksie en…
21 May 8AM 1 min

Verlaag rentekoers na brandstofprys-skok: Giwusa

Die vakbond Giwusa vra die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om volgende week die rentekoers te verlaag, al toon Statistiek Suid-Afrika se jongste inflasiesyfers dat dit verlede maand van 3,1 tot vier persent verhoog het. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê brandstofprys-skokke het die energie-deel van inflasie baie hoër laat…
21 May 8AM 1 min

Godongwana sê hy kan brandstofheffing aanpas, EFF sê nee

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, voer aan hy is geregtig om die brandstofheffing na sy goeddunke en in openbare belang aan te pas, soos die Doeane- en Aksynswet bepaal. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in die EFF se aansoek waarin hy die minister van Finansies se gesag om…
21 May 7AM 1 min

Trump gee Iran twee keuses

Die Amerikaanse president Donald Trump het Iran gewaarsku dat hy twee keuses het: sluit 'n ooreenkoms of Amerika "beëindig" die oorlog. Trump het Dinsdag op versoek van die bondgenote in die Golf, insluitend Katar en Saoedi-Arabië, hernieude aanvalle op Teheran afgelas. Iran het intussen gewaarsku 'n hervatting van die oorlog…
21 May 7AM 1 min