Bek-en-klou buite beheer in Gauteng, sê DA

Loading player...
Die DA in Gauteng is bekommerd oor die gebrek aan planne om die uitbreking van bek-en-klouseer in die provinsie te bestry. Die party sê hy het verskeie ernstige tekortkominge geïdentifiseer in die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se jongste aanbieding oor die bestuur van die siekte. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê volgens die departement se eie syfers is daar honderde uitbrekings in Gauteng:
9 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Enkelbedrag aftree-uitbetalings gaan voort: Namfisa

Namfisa het bevestig dat enkelbedrag aftree-uitbetalings onveranderd sal bly onder FIMA. Dit volg op 'n vergadering met die aftreefondsbedryf, waar 18 bekommernisse van die Aftreefonds-instituut van Namibië aangespreek is, insluitend kommutasiereëls wat lede toelaat om een derde belastingvry te neem en die res as 'n belasbare enkelbedrag. Woordvoerder Victoria Raimond…
27 Mar 8AM 1 min

DA soek aksie oor departementele ondersoeke

Die DA het kommer uitgespreek na 11 departemente verwysings vir ondersoeke ontvang het, maar geen vorderingsverslae by die Departement van Staatsdiens en Administrasie ingedien het oor stappe wat gedoen is nie. Drie van die departemente is nasionaal en agt is provinsiaal. Eleanore Bouw-Spies van die DA sê die grootste oortreders…
27 Mar 8AM 1 min

Skerp styging in brandstofprys

Die petrolprys styg met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter terwyl beide grade van diesel met 4 dollar liter styg. Die nuwe prys tree Woensdag, 1 April in werking. Die lynminister Modestus Amutse het pas die aankondiging gemaak.
27 Mar 7AM 1 min

ECB neem oor as voorsitter van Afrika energie reguleerdersvereniging

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Vereniging van Reguleerders van Energie- en Waterdienste van Afrika. Die organisasie se fokusareas sluit in regulatoriese raamwerke, infrastruktuurontwikkeling en streeksintegrasie. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die beheerraad, neem die rol van voorsitter oor:
27 Mar 6AM 1 min

Albanese kap terug na Trump teen Aussies uitvaar

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het herhaal dat die Verenigde State nie enige spesifieke versoeke gerig het vir militêre hulp in die Midde-Oosterse konflik nie. Trump het gister tydens ʼn kabinetsvergadering Australië uitgesonder omdat hy nie help om die Straat van Hormuz oop te hou nie. Sowat 20-persent van…
27 Mar 6AM 1 min