SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit Botswana

Loading player...
Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te stuit. Die premier sê 700 000 dosisse van die bek-en-klouseer-entstof word teen die einde van die maand van die Botswana-Entstofinstituut verwag.
7 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Betogings teen immigrante skep kommer in SA

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die vraagstuk van vreemdelingehaat en onwettige immigrasie moet beslissend hanteer word. Veldtogte van groepe wat teen onwettige immigrasie en misdaad gekant is, het die afgelope paar maande in felheid toegeneem. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies, soos March and March, het Woensdag…
21 May 9AM 1 min

Minder VSA-soldate in EU 'sal nie verdediging ontwrig'

NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Amerika se vermindering van soldate in Europa sal georden wees en nie verdediging benadeel nie. Dit volg op die Amerikaanse president, Donald Trump, se jongste aanval op die alliansie, aangevuur deur kritiek van die Duitse kanselier, Friedrich Merz, oor die Amerikaans-Israelse oorlog in Iran…
21 May 9AM 1 min

NSA en Angola Statistiekinstituut span saam

Die Namibiese Statistiek-agentskap en die Nasionale Statistiekinstituut van Angola het 'n ooreenkoms onderteken na 'n werksbesoek. Woordvoerder van die Statistiek-agentskap, Mirjam Shihepo, sê die ooreenkoms is daarop gemik om idees uit te ruil op die gebied van bestuur, nasionale beplanning en die evaluering van openbare beleide, deur die produksie en…
21 May 8AM 1 min

Verlaag rentekoers na brandstofprys-skok: Giwusa

Die vakbond Giwusa vra die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om volgende week die rentekoers te verlaag, al toon Statistiek Suid-Afrika se jongste inflasiesyfers dat dit verlede maand van 3,1 tot vier persent verhoog het. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê brandstofprys-skokke het die energie-deel van inflasie baie hoër laat…
21 May 8AM 1 min

Godongwana sê hy kan brandstofheffing aanpas, EFF sê nee

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, voer aan hy is geregtig om die brandstofheffing na sy goeddunke en in openbare belang aan te pas, soos die Doeane- en Aksynswet bepaal. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in die EFF se aansoek waarin hy die minister van Finansies se gesag om…
21 May 7AM 1 min