Mariental kry wel rouwater - NamWater

Loading player...
Kommer oor rouwatervoorsiening in Mariental het vrae laat ontstaan oor of NamWater toegang beperk. Maar die nutsmaatskappy dring daarop aan dat rouwatervoorsiening aan die dorp nog altyd aaneenlopend was. Woordvoerder Lot Ndamanomhata het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Mariental een van die verste kliënte op die Hardap-besproeiingstelsel is, en hoewel ouer infrastruktuur en verhoogde vraag van boere waterdruk aan die verste punt kan verminder, staar die dorp self geen tekort in die gesig nie. Ndamanomhata sê hulle konsulteer oor die opgradering van die kanaalstelsel.
3 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA brei uit in buurland, in aanloop tot verkiesing

ActionSA sê na dekades onder ANC-leierskap word die belofte van vryheid ondermyn deur gebrekkige dienslewering, toenemende werkloosheid en verswakte instellings. Die party sê hy het doelbewuste stappe gedoen om ʼn geloofwaardige, gestruktureerde alternatief te bou. ActionSA-woordvoerder Boitumelo Molefe sê hulle het die afgelope maande nasionaal uitgebrei met die doel om…
28 Apr 6AM 1 min

Nog klagtes teen Cole Tomas Allen

Die Amerikaanse aanklaer vir die Distrik van Columbia, Jeanine Pirro, het bevestig dat Cole Tomas Allen, verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, nog aanklagte in die gesig staar. Die 31-jarige Allen word van drie federale misdade aangekla: poging om die president te vermoor, vervoer van ʼn vuurwapen oor staatsgrense…
28 Apr 6AM 1 min

Harley-eienaars se 7de kussaamtrek word nie naweek gehou

Die sewende Harley Davidson-kussaamtrek begin op 29 April en duur tot 5 Mei, wat Harley-ryers van reg oor Namibië en Suid-Afrika sal trek. Dit begin Woensdag by die Old Wheelers-klub in Windhoek. Donderdag sal die motorfietsryers vertrek na Swakopmund, waar hulle om vieruur by die Dome sal vergader. Vrydag sal…
28 Apr 6AM 1 min

Ekonoom gee voorspelling oor Woensdag se repokoers

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee vergader tans en die repokoers sal môre bekend wees. Kosmos 94.1 Nuus het by Cirrus-ekonoom Oliver Diggle sy voorspelling gekry. Hy verduidelik wat die moontlike uitkoms kan wees en waarom 'n verhoogde repokoers nie noodwendig sin gaan maak nie.
28 Apr 6AM 1 min