Outa sê Mothibi sal hernuwing vir NVG bring

Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik vertrou die Nasionale Vervolgingsgesag sal sterk leierskap ervaar tydens Andy Mothibi se ampstermyn as die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging. Stephanie Fick van Outa het aan Newzroom Afrika gesê dit gaan vir Mothibi 'n reusetaak wees om openbare vertroue te herstel. Kommer bestaan steeds oor vervolgings wat verbind word aan staatskaping, maar Fick glo Mothibi se rekord bied hoop vir hernuwing in die NVG:
2 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Veiligheidskeuring van senior SAPD-lede onderweg

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is tans besig met die veiligheidskeuring van senior polisiebestuurders as deel van die regering se breër pogings om integriteit, verantwoordbaarheid en openbare vertroue binne wetstoepassing te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 18 van die 23 luitenant-generaals…
13 Jul 6AM 1 min

Iran en VSA is nie op dieselfde bladsy nie

'n Amerikaans-Egiptiese geopolitieke ontleder, Jasmine El-Gamal, sê die skietstilstand tussen Iran en die VSA is verby, al duur gesprekke voort. In haar mening, is die grootste uitdaging die uiteenlopende doelwitte van die twee partye. Sy verduidelik.
13 Jul 6AM 1 min

Die wet en veldbrande

Namibiese wette laat toe dat 'n persoon wat nalatig is en 'n veldbrand veroorsaak aanspreeklik gehou kan word en selfs krimineel aangekla kan word. Met die droë seisoen in volle swang het brande reeds kop uitgesteek. Die Namibiese Landbou-unie het gesprekke gevoer met boereverenigings oor die regsimplikasies van veldbrande. Johann…
13 Jul 6AM 1 min

Groot verskeidenheid diere by Saterdag se wildsveiling

Nog 'n opwindende wildsveiling is op hande, met die Boma Wildsveiling wat op 18 Julie by Du Preez Wild se boma naby Otjiwarongo sal plaasvind. 'n Verskeidenheid van wild en uitstallers word by die geleentheid verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met eienaar Dirk du Preez gepraat oor die aanbod.
13 Jul 6AM 1 min