Hofsake kan BKS-entstof vertraag - Steenhuisen

Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku dat hofsake die dringende verkryging en verspreiding van entstof teen bek-en-klouseer kan ontspoor. Die organisasies Sakeliga, Saai en Vrystaat Landbou het regstappe ingestel om vee-eienaars te magtig om entstof privaat toe te dien. Steenhuisen sê dit is jammer dat hulle die Wet op Dieresiektes met regstappe wil aanval, terwyl dié wet die regering in staat stel om entstowwe te bekom vir die inwerkingstelling van die bek-en-klouseer-program.
2 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwysersunie twyfel aan inligtingsessies se sukses

Die visepresident van die Onderwysersunie van Namibië, Tjandero Tjituka, het verskeie kwessies op Otjiwarongo aangespreek wat beide onderwys self en onderwysers in die land raak. Dit het deel gevorm van 'n rits inligtingsessies wat verskeie staande komitees in die afgelope weke onder hulle relevante sektore gehou het. Kosmos 94.1 Nuus…
13 Jul 8AM 1 min

Baba-Bokke verwag moeilike halfeindstryd teen Engeland

Rugby: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, sê hulle is goed voorbereid vir vanaand se Junior Wêreldkampioenskaps-halfeindstryd teen Engeland in Tbilisi, Georgië. Hy het vier veranderings aangebring aan die span wat Wallis in hul laaste groepskragmeting gewen het, met ses voorspelers en twee agterspelers op die bank. Foote sê hulle het…
13 Jul 8AM 1 min

Veiligheidskeuring van senior SAPD-lede onderweg

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is tans besig met die veiligheidskeuring van senior polisiebestuurders as deel van die regering se breër pogings om integriteit, verantwoordbaarheid en openbare vertroue binne wetstoepassing te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 18 van die 23 luitenant-generaals…
13 Jul 6AM 1 min

Iran en VSA is nie op dieselfde bladsy nie

'n Amerikaans-Egiptiese geopolitieke ontleder, Jasmine El-Gamal, sê die skietstilstand tussen Iran en die VSA is verby, al duur gesprekke voort. In haar mening, is die grootste uitdaging die uiteenlopende doelwitte van die twee partye. Sy verduidelik.
13 Jul 6AM 1 min