Munisipale skuld in Gauteng bereik R165 miljard

Loading player...
Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, waarsku stadige kapitaalbesteding en stygende skuldvlakke kan dienslewering ondermyn indien dit nie gou aangespreek word nie. Hy het verslag gedoen oor die munisipale finansies vir die eerste helfte van die 2025-2026-boekjaar. Maile sê in Desember 2025 het die provinsie se munisipaliteite 165,7 miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld. Hy sê huishoudings is verantwoordelik vir 73,3 persent, kommersiële instellings vir 23,2 persent en regeringsdepartemente vir 3 persent:
2 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwysersunie twyfel aan inligtingsessies se sukses

Die visepresident van die Onderwysersunie van Namibië, Tjandero Tjituka, het verskeie kwessies op Otjiwarongo aangespreek wat beide onderwys self en onderwysers in die land raak. Dit het deel gevorm van 'n rits inligtingsessies wat verskeie staande komitees in die afgelope weke onder hulle relevante sektore gehou het. Kosmos 94.1 Nuus…
13 Jul 8AM 1 min

Baba-Bokke verwag moeilike halfeindstryd teen Engeland

Rugby: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, sê hulle is goed voorbereid vir vanaand se Junior Wêreldkampioenskaps-halfeindstryd teen Engeland in Tbilisi, Georgië. Hy het vier veranderings aangebring aan die span wat Wallis in hul laaste groepskragmeting gewen het, met ses voorspelers en twee agterspelers op die bank. Foote sê hulle het…
13 Jul 8AM 1 min

Veiligheidskeuring van senior SAPD-lede onderweg

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is tans besig met die veiligheidskeuring van senior polisiebestuurders as deel van die regering se breër pogings om integriteit, verantwoordbaarheid en openbare vertroue binne wetstoepassing te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 18 van die 23 luitenant-generaals…
13 Jul 6AM 1 min

Iran en VSA is nie op dieselfde bladsy nie

'n Amerikaans-Egiptiese geopolitieke ontleder, Jasmine El-Gamal, sê die skietstilstand tussen Iran en die VSA is verby, al duur gesprekke voort. In haar mening, is die grootste uitdaging die uiteenlopende doelwitte van die twee partye. Sy verduidelik.
13 Jul 6AM 1 min